Christine Le Roux: 27 books

Book cover of 'n Wêreld sonder hom

'n Wêreld sonder hom

Christine le Roux-omnibus 5

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2013

Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.
Book cover of Die lente kom weer
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2015

Die lente kom weer: Frans Fourie is ʼn perfeksionis en dus hoogs geïrriteerd wanneer sy ou, ervare sekretaresse met siekverlof gaan en hy gewoond moet raak aan iemand anders. Eers is hy skepties oor die jong vrou wat by haar oorgeneem het, maar Kristien blyk ʼn uitstekende plaasvervanger te wees;...
Book cover of Geskenk uit die hemel
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2015

Geskenk uit die hemel: Die suksesvolle sakeman Pieter Louw leer Maja ken toe hy haar raak ry: ʼn jong meisie met ʼn rugsak wat hy eers hospitaal toe moet neem. En daarna, toe dit blyk sy het so pas aangekom en ken niemand in Kaapstad nie, neem hy haar saam na sy huis. So begin ʼn voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei.
Book cover of Kosbaar soos die lewe
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2015

Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.
Book cover of 'n Vonk van liefde

'n Vonk van liefde

Tweede verhaal in omnibus 4

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

In ’n Vonk van liefde moet ’n swanger jong vrou ’n nuwe lewe aanpak ná haar man se dood. Sy kry ’n betrekking as bestuurder van ’n gastehuis in die Karoo waar die eienaar van die plaas hom onverwags ook ontferm oor haar persoonlike welsyn, veral ná die koms van die baba.
Book cover of Die glasappel
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2014

Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak.
Book cover of Die blou uur
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2014

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.
Book cover of 'n Nuwe begin

'n Nuwe begin

Derde verhaal in omnibus 4

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: October 1, 2012

’n Nuwe begin gaan oor ’n jong vrou wat ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies ly. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aantreklike persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?
Book cover of Skynglans van geluk

Skynglans van geluk

Eerste verhaal in omnibus 4

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: October 1, 2012

Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, ’n jong Suid-Afrikaanse skrywer wat al geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in ’n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol gespeel sal word deur ’n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.
Book cover of Die groen maan
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2014

In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.
Book cover of Drieklawerblaar
by Christine Barkhuizen-le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: August 8, 2016

Ná haar aftrede gaan soek Kate Jooste, met jare lange vrae in haar binneste, na Abel Marais op sy wildplaas in die Klein-Karoo. Hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland, en wat het alles op dié stuk grond afgespeel? Abel, ’n ambisieuse sakeman, is ook gemoeid met sy familiegeskiedenis:...
Book cover of Getuie
by Christine Barkhuizen-le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: October 3, 2016

Die selfmoord van haar kleintydse vriendin, Mignon, laat Maggie McKairn met meer vrae as antwoorde. In ’n brief vra Mignon vir Maggie om ’n familielid in die tronk te gaan opsoek. Bea Mostert, ’n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir ’n onvergeeflike daad. Wat...
Book cover of Padmaker
by Christine Barkhuizen-le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: October 3, 2016

’n Sensitiewe roman oor die komplekse verhouding tussen ouer en kind en die afdruk wat een geslag op ’n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, ’n padskraperoperateur,...
1 2
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy