Ena Murray: 86 books

Book cover of Ena Murray Omnibus 30
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: May 25, 2001

Hierdie opeenvolgende romans gaan oor die aangrypende ervarings van ’n jong meisie uit die onderdorp wat uiteindelik die vrou van ’n vooraanstaande politikus word. In As die wind daaroor gaan ontdek die agtienjarige Nickey dat sy swanger is . . . pas nadat haar skoolkys, Terence, vertrek het...
Book cover of Ena Murray Omnibus 17
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van ’n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje. In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar...
Book cover of Ena Murray Keur 8
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2015

In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra...
Book cover of Ena Murray Keur 6
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel… Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar....
Book cover of Ena Murray Keur 7
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 7, 2015

In As die lied verstil verlaat Chrissie Erasmus haar ouma se huisie in Dennedal en word Christine van Johannesburg, al het haar ouma so gedroom van ’n huwelik tussen haar kleindogter en die gawe Jan Barendse. Maar sal Chrissie terugvlug na die rustige vallei van Dennedal wanneer die hoë hoogtes...
Book cover of Ena Murray Keur 11
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2016

In Vreemdeling in Eden moet Karlien Steenkamp binne ’n week ’n man kry en trou as sy haar susterskind, klein Essie, wil behou nadat sy wees gelaat is. Julius Schreider, skatryk Seychellese sakeman, soek ook dringend ’n vrou – vir net ses maande. En Karlien gryp na hierdie strooihalm. In Waar...
Book cover of Ena Murray Keur 14
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2017

Wanneer ’n wildvreemde meisie in Weerklank van ons liefde per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – én sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik verstrengel by ’n tergende raaisel. Want dié naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is ’n koerantberig...
Book cover of Ena Murray Keur 13
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2017

In Merk van die skarabee word Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, in Kaïro deur ’n fanatiese kultusgroep ontvoer. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige...
Book cover of Ena Murray Keur 10
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2016

In ’n Bruidegom vir Lille moet Lille Jacquard met Philippe Bidault, ’n man wat sy nie ken nie, trou om haar erfporsie te bekom. Die geldwolf Louis Pacquin vertrek saam met Lille na die Kaap, oënskynlik om haar bruidegom te help soek, maar wat is sy ware motiewe? Toe Lille impulsief vir graaf...
Book cover of Ena Murray Keur 12
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2016

In Diena van Die Eike bedryf Diena die losieshuis op Burgershoek – buite bereik van die skaduwee wat oor haar verlede hang. Tot die dag dat Melt Fouché op haar drumpel staan. Toe wéét sy: die verlede, in die persoon van dié briljante geneesheer, het haar ingehaal. In Boeie van goud vra Charmain...
Book cover of Ena Murray Keur 18
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: October 8, 2018

In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met...
Book cover of Ena Murray Keur 16
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2017

Toe dokter Ben Roux na sy geboortedorp terugkeer, weier sy vrou, Marlene, om saam te gaan in Haar grootste offer. Sy is immers ’n stadsmens en sal nie elders aard nie. Toe sy egter uitvind van haar swangerskap, moet sy hoor dat hy wil skei. Matrone Anmar Cloete se wêreldjie het in die vyf jaar...
Book cover of Ena Murray Keur 17
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2018

In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël...
Book cover of Ena Murray Keur 15
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2017

In ’n Vrou soos Salome sien die joernalis Jaco Retief ’n weerloosheid in Salome Truter – die liefling-ster van die sangverhoog. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil . . . In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter...
1 2 34 5 6 7
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy