Human Rousseau imprint: 198 books

by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2007

Man van Gister is ’n plaasroman wat afspeel teen die agtergrond van die Oos-Vrystaat. Twee pare jongmense, Peet en Maryn en Eugene en Elsje hoop op ’n idilliese vakansie op Damplaas voordat die viertal uitmekaar gaan, maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak, is daar diep emosionele onderstrome....
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 20, 2013

Mense van faam gaan oor tweelingsusters, sprankelende Diana en sober Debora, die koel advokaat, wat reken Diana se skoonfamilie, die Mynhards, is net ’n klomp snobs. Debora word egter teen haar wil ook ingetrek in die lewens van dié wynboer-clan, en besef uiteindelik hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil . . .
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Twee vroeë romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na môre vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2017

“Want die liefde wonder nie – dit wéét.” Die soete dwaling: Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: October 9, 2007

Op die plaas Diepwater speel die verhaal van Rachel en Hektor Froneman hom af. Hulle is tegelyk minnaars en eggenote, vriende en bitter vyande. Van hul kindertyd af is hulle onskeidbaar. Maar Diepwater, geleë in die berge van die Oos-Vrystaat, is ‘n plek van geskiedenis en trauma. Soos wat die...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

Hierdie omnibus sluit in die gewilde Abel se dogters , ’n 3-delige familiesage,  asook een van die skrywer se wynlandromans,  Soetwyn vir ’n Sondagkind. In eersgenoemde roman wat afspeel op ’n Oos-Vrystaatse plaas smag Abel Buitendag se drie dogters na meer warmte. Sedert hul ma se dood klou...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar sy het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n óú bekende, en tog ook ’n wildvreemde.
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 2, 2013

Uur van die Sewester is ’n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Italië en dis eers wanneer ’n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 2, 2013

Man van Gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na ’n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrome in hul onderskeie verhoudinge. En die...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ’n rustyd.
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2014

In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2014

Nog ’n verhaal van jong liefde. Gruispad na Tóg Wat speel af deels op ’n plaas in die Vrystaat en deels op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te gaan boer nie en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer.
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2018

In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouché het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach...
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie . . .
First 7 8 9 10 11 12 1314 15
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy