Tafelberg: 581 books

Cover of Die winskopie
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Gerhard Fouché kry snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers op Lüderitz en later weer op Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun by hom ’n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sý toesig plaas . . .
Cover of ’n Vrou vir Herman
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: March 29, 2015

Beesboer Herman van Rensburg soek ʼn vrou soos sy ouboet sʼn – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan…
Cover of Liefde per dosyn
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: March 29, 2015

Muskiekonderwyseres Christa van Graan moet teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel?
Cover of Dierbare drosters
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Toe Betsie Viljoen se pa weens geldnood hul plaas aan Barend von Throtha moet verkoop en by die Ebony-myn gaan werk, is ʼn wit vlam van wraak in haar hart aangesteek. En nou, ná jare op die stowwerige myndorpie, is Jasper Viljoen oorlede en wag sy en haar vier pragtige halfsussies op die mynmagnaat...
Cover of Sandroos uit Meob
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

As Ansa maar net nooit haar vrouwees in ’n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie ’n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing...
Cover of Katrientjie
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word.
Cover of 'n Nooi vir Omdraaikrans
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Met ʼn slinkse slenterslag sorg Hilda Cronjé dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Ná ʼn tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ʼn Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ʼn Desperate Bernard Cronjé reël dat...
Cover of Jakkalswater
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Oom Bennie rig ’n moeilike versoek tot Daan – daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want ’n alleenloper-vrou tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee . . .
Cover of My hartjie, my liefie
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir...
Cover of Die kralebruid
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

In Die kralebruid word Isa deur die Ouni-stam op ’n eiland grootgemaak en aan ’n ontdekkingsreisiger gegee in ruil vir krale. Hy besef nie hy is volgens tradisie nou met haar getroud nie en sy verstaan nie hoekom hy afsydig is teenoor haar nie. Boonop lyk dit of hy in die beeldskone Belinda belangstel . . .
Cover of Liefste Koos
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Elsa Fourie bevind haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar aanstaande, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar nuwe reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kán die tog meemaak . . .
Cover of Fort van die kappiedraers
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Fort van die kappiedraers: Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ’n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op...
Cover of Waar die Suiderkruis hang
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: March 29, 2015

Die agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger pak die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ʼn broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies.
Cover of Die voorskootbataljon
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?
First 20 21 22 23 24 25 2627 28 29 30 31 32 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy