Ettie Bierman Keur 9

Romance, Fiction & Literature
Cover of the book Ettie Bierman Keur 9 by Ettie Bierman, Queillerie
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Ettie Bierman ISBN: 9780624065715
Publisher: Queillerie Publication: December 12, 2013
Imprint: Jasmyn Language: Afrikaans
Author: Ettie Bierman
ISBN: 9780624065715
Publisher: Queillerie
Publication: December 12, 2013
Imprint: Jasmyn
Language: Afrikaans

Die tuiskoms lê ver Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy sê sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie. Sy hoor iemand roep: “Daniela!” en swaai verskrik om. Dit is Martin Niehaus en hy sê onvriendelik: “Jou geheue is kort, liefste. Het jy vergeet ek wil jou nie op Rietendal hê nie?” Dit blyk dat hy haar aansien vir sy stiefsuster op wie hy verlief was. Sy is bang vir hom en sy gee vinnig pad van die bewegende trein. Martin sê sy lyk presies net soos Daniela, maar sy slaag daarin om hom te oortuig dat sy nie Daniela is nie en hy doen ’n voorstel aan haar. Dit beteken dat sy Rietendal toe moet gaan, waar Daniela se pa al vyf jaar lank wag op sy dogter se terugkoms. Martin se aanbod sal vir haar baie geld in die sak bring, maar dit veroorsaak ook dat dokter Johan Retief haar verag en dít maak seer, want sy het intussen op hom verlief geraak. Hoe kan sy Johan oortuig dat sy opreg is en dat sy nie regtig van plan is om te doen wat Martin van haar verwag nie? Dokter Retief wil egter niks met haar te doen hê nie, al vertel sy hom wie sy werklik is en waarom sy Martin se aanbod aanvaar het. Op die ou end bevind sy haar in lewensgevaarlike omstandighede. Rooikop te koop Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende. Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliënte, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoëhakskoene. Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom. Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde. Ver pad na Königsee Die pragtige Ezette Nel met haar blink, swart hare en besonderse turkoois oë, is ’n Afrikaans-onderwyseres by ’n hoërskool. Hoewel die skool se druk buitemuurse program baie van haar tyd in beslag neem, het sy twee groot voorliefdes: sy is hartstogtelik lief vir diere en sy wil baie graag nog ’n hele string boeke skryf. Haar amper-verloofde, Charl Myburgh, is ’n LO-onderwyser en ’n plesiersoeker wat veel eerder rondrits as om rustig tuis te bly. Ezette het hom lief en geniet sy geselskap, maar tog wonder sy soms: Is hulle regtig geesgenote? Dan ontmoet sy Derek Myburgh, Charl se ouer broer wat ’n veearts is en toevallig haar twee groot voorliefdes deel. Tot Ezette se groot ontsteltenis voel sy dadelik baie aangetrokke tot hom en is hy vir haar byna onweerstaanbaar aantreklik . . . Maar sy vind gou uit dat sy nie net moet rekening hou met haar kloppende hart nie, maar ook met haar naderende verlowing, haar onderwyspos en die feit dat Derek Myburgh haar reeds soos ’n ware skoonsuster behandel . . .

More books from Fiction & Literature

Cover of the book Beautiful Disaster by Ettie Bierman
Cover of the book Brothers of the Quill by Ettie Bierman
Cover of the book A Flash of Insight and Other Poems by Ettie Bierman
Cover of the book Cuando el amor despierta by Ettie Bierman
Cover of the book Abc Poetry by Ettie Bierman
Cover of the book Seven Seals Redux: Four Horsemen of the Apocalypse, Books 1-4 by Ettie Bierman
Cover of the book Sunburn by Ettie Bierman
Cover of the book Les Chevaliers d'Antarès 04 : Chimères by Ettie Bierman
Cover of the book Always Love You by Ettie Bierman
Cover of the book Lady Bug, Lady Bug, Fly Away Home by Ettie Bierman
Cover of the book Nomads of the North by Ettie Bierman
Cover of the book Ardath by Ettie Bierman
Cover of the book Works of Arthur Hugh Clough by Ettie Bierman
Cover of the book Menagerie: A Wildclown Novel by Ettie Bierman
Cover of the book The Desert Siren by Ettie Bierman
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy