Sarah du Pisanie Omnibus 10

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Sarah du Pisanie Omnibus 10 by Sarah Du Pisanie, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Sarah Du Pisanie ISBN: 9780624071754
Publisher: Tafelberg Publication: November 19, 2014
Imprint: Jasmyn Language: Afrikaans
Author: Sarah Du Pisanie
ISBN: 9780624071754
Publisher: Tafelberg
Publication: November 19, 2014
Imprint: Jasmyn
Language: Afrikaans

In Die Suidwestertjie ken Sarie Wessels net die sonkant van die lewe – tot daardie onheilsdag dat die lot juis háár tref om Blouwildebees, oftewel grootbaas Hugo Kritzinger, se sekretaresse af te los. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef . . . Tuis duik ʼn onverwagte penarie in Hugo se lewe op. Hy huisves sy broer, Paul, en dié se twee kleuters terwyl hul ma ʼn rugoperasie ondergaan, maar blindedermontsteking stel sy huishoudster ʼn maand lank buite aksie. Wat nou gedaan? Sarie, die aflos-huishoudster, steel dadelik klein Annemie en Karl se harte. Met haar sonnige geaardheid laat sy selfs vir Hugo, die bot buffel, geleidelik ontdooi en anders na die lewe kyk. Totdat die snobistiese Alice Sullivan op die toneel verskyn en hom waarsku dat daar dalk slinkse plannetjies agter die Suidwestertjie se onskuld skuil. Hugo kan homself nie meer peil nie. Nog erger, selfs die jaloesieduiwel begin hom teister wanneer Daan by Sarie kom kuier. Het die son dalk te laat in sy lewe begin skyn? In Dierbare drosters moet Betsie Viljoen se pa weens geldnood hul plaas aan Barend von Throtha verkoop en by die Ebony-myn gaan werk, en dit steek ʼn wit vlam van wraak in haar hart aan. En nou, ná jare op die stowwerige myndorpie, is Jasper Viljoen oorlede en wag sy en haar vier pragtige halfsussies op die mynmagnaat om hulle te kom haal. Gelukkig kry hulle snuf in die neus oor sy plan om vir Betsie werk te kry en die ander vier weeshuis toe te stuur. Met wa en donkies vlug hulle na die ou berghut op die plaas. As hulle moes geweet het dat ou Barend se seun, Ludwig, op die plaas boer, sou hulle dadelik die hasepad gekies het. Gelukkig kry hulle ʼn beskermengel in die vorm van die vertoiingde ou prospekteerder, oom “Slonsie”. Wanneer Barend besluit om self op Kameeldoring na die Viljoen-dogters te kom soek, het Ludwig sy eie planne om hulle te beskerm. Want Betsie is die eerste meisie wat sy gewese verloofde, Anette Adendorf, se beeld uit sy hart verdryf. Anette daag egter onverwags saam met sy pa op die dorp op, en skommel Ludwig se kaarte lelik deurmekaar. Waar eindig jammerte en waar begin liefde? En kan ʼn vrou weer lewe in uitgebrande kole blaas? In ’n Nooi vir Omdraaikrans sorg Hilda Cronjé met 'n slinkse slenterslag dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Ná ʼn tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ʼn Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ʼn Desperate Bernard Cronjé reël dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgeleë Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om ʼn topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan “Hilda Cronjé”, oftewel “Griet”, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronjé saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronjé, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in ’n hoek . . .

More books from Tafelberg

Cover of the book Vlam van verlange by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Huise van klei by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Hoopvol by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Ver pad na Königsee by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Ultrasatyn 2 by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Onthou jy nog die liefde? by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Die Poort 3: Helers by Sarah Du Pisanie
Cover of the book A Time Traveller's Guide to Our Next Ten Years by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Speurhond Willem in die ruimte by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Omdat jy my liefhet by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Hap by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Emma se eerste keuse by Sarah Du Pisanie
Cover of the book En die klippe sal uitroep by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Omdat die hart onthou by Sarah Du Pisanie
Cover of the book Ramaphosa's Turn by Sarah Du Pisanie
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy