Melodie Omnibus 2

Romance, Contemporary, Fiction & Literature
Cover of the book Melodie Omnibus 2 by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste ISBN: 9780624083504
Publisher: Tafelberg Publication: September 6, 2017
Imprint: Melodie Language: Afrikaans
Author: Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
ISBN: 9780624083504
Publisher: Tafelberg
Publication: September 6, 2017
Imprint: Melodie
Language: Afrikaans

Volbloedvrou vir ’n vaalseun: Fransien de Swardt woon haar skoolreünie om slegs twee redes by: ná tien jaar wil sy die spoke van die verlede besweer en haar metamorfose van armlastige spoorwegkind na suksesvolle sakevrou onder ’n paar mense se neus vryf. Spesifiek mense soos Tessa de Villiers en Chris de Wet. Maar as Fransien vooraf geweet het sy gaan betrek word by ’n intrige van moord en ou geheime, sou sy twee maal gedink het voor sy die pad na haar tuisdorp aangepak het. Om alles te kroon moet sy ook nog rekening hou met kaptein Jans Jansen, die hoofondersoekbeampte in die moordsaak. Want onverwags en onverklaarbaar bevind Fransien haar in die posisie van hoofverdagte . . . Dis mooiweer en liefde: Nadat Menantheau le Clerque se verhouding met dokter Kobus Kruger op die rotse geloop het, bepaal sy haar net by haar werk as bibliotekaresse. Haar lewe word egter onverwags in ’n heel nuwe rigting gestuur die aand toe sy Nick Bender ontmoet. Dié groot man met sy onwrikbare trots oorrompel haar totaal, en dit wil voorkom asof hulle verhouding blom. Maar toe Nick in ’n ernstige motorongeluk betrokke is, vind Menantheau tot haar skok dat Kobus sy dokter is – en dis duidelik dat hy haar nog glad nie vergeet het nie. By hom ervaar sy die rustigheid wat Nick haar nooit kon gee nie. Maar Kobus is nie bereid om altyd in Nick se skaduwee te staan nie . . . My liefling is ’n wolkeman: Kwaai Sias de Wet van Petrusburg in die Vrystaat het ses dogters, maar die een wat hom die grootste kopsere gee, is die pragtige blonde Anke. Sy is net sewentien en diep gekys met Braam Venter, nege jaar ouer as sy en ’n lugvaarttegnikus in Dublin, Ierland. Toe Braam ’n vliegtuigkaartjie stuur sodat Anke kan kom kuier, moet Isabella, die verantwoordelike oudste suster, saamgaan as chaperone. Isabella, so reken Sias, stel tog net belang in haar musiekstudie. Maar toe Isabella die Ier Adrian Mimnagh ontmoet, is haar voete heel onder haar uit. Hulle naweekkuier by Adrian se gesin in Omagh lewer ’n hele paar verrassings op – soos sy gewese meisie, Aibhilin. En dié, kom Isabella agter, wil Adrian tot elke prys terughê.

More books from Tafelberg

Cover of the book The Long Way Home by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Wat Seuns moet weet by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Die bruid van Blouberg by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Easy Walks in the Cape Peninsula by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Wie met vuur speel by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Jakkalswater by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Helena Hugo Eerste Keur by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Die tuiskoms lê ver by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Om met vuur te speel by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Anna Atoom en die seerower se dolk by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Spoelklippies in stormwater by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Rebecca by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Ena Murray Omnibus 21 by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Vlinder teen die ruit by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
Cover of the book Onbeteuelde liefde by Babsie Jacobs, Maretha Maartens, Wilmarí Jooste
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy