Tik

Mystery & Suspense, Fiction & Literature
Cover of the book Tik by Piet Steyn, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Piet Steyn ISBN: 9780624055310
Publisher: Tafelberg Publication: August 1, 2012
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Piet Steyn
ISBN: 9780624055310
Publisher: Tafelberg
Publication: August 1, 2012
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in 'n watergraf beland, begin iets van die misterie deurskemer: Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf 'n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby!

More books from Tafelberg

Cover of the book Ridder in 'n wit jas by Piet Steyn
Cover of the book Rooikop te koop by Piet Steyn
Cover of the book Dogtective William in New York by Piet Steyn
Cover of the book Oase van geluk by Piet Steyn
Cover of the book Brand Pretorius - In the Driving Seat by Piet Steyn
Cover of the book Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals by Piet Steyn
Cover of the book Anna Atoom en die digitale draak by Piet Steyn
Cover of the book Grenslose liefde by Piet Steyn
Cover of the book Sê groete vir pappa by Piet Steyn
Cover of the book Yes, Really! by Piet Steyn
Cover of the book Engel van my hart by Piet Steyn
Cover of the book Wag-'n-bietjiebos van die liefde by Piet Steyn
Cover of the book Vlis met vlerke by Piet Steyn
Cover of the book Onrus op Oshakati by Piet Steyn
Cover of the book Ena Murray Omnibus 33 by Piet Steyn
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy