God verlang daarna om met ons te praat, en dit is ons voorreg om sy stem te hoor. In God se teenwoordigheid vind ons die vervulling van ons diepste verlangens. Tog is daar ‘n groeiende onvergenoegdheid onder gelowiges wat voortspruit uit ‘n gebrek aan intimiteit met God. Hoe kom ons egter daar uit? Hoe leer ons om elke dag in ‘n verhouding met God te leef, om ‘n intieme vriendskap met Hom te bou? Naby God neem jou deur ‘n jaar in die skrywer se lewe. John Eldredge wys hoe intimiteit met God moontlik is deur innige, daaglikse gesprek, met Hom. ‘n Intieme verhouding met Jesus is ook vir jou moontlik. Naby God wys jou hoe dit deel kan wees van jou lewe – elke dag.