Schalkie Van Wyk: 34 books

Book cover of Sag fluister my hart
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder ónwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie...
Book cover of Vlam van verlange
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Sy is nou wel alleen, maar haar lewe is uitsorteer; sy weet immers van kindsdag af sy gaan trou met Vincent, die buurseun, alhoewel sy ma haar nie kan verdra nie. Maar die aantreklike Meyer Feldtmann daag soos...
Book cover of Man van lig en skadu
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Op die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette, ontmoet Petri Auckamp een aand ‘n man wat so vas en sterk soos ‘n boom blyk te wees. Hougard Reyneke red haar meer as een maal uit ‘n moeilike situasie en laat haar hart beslis vinniger klop. Maar hy is klaarblyklik verloof aan Nicolette....
Book cover of Bloeisels in die wind
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2012

“Ek hou hiervan – ’n seenimfie in my arms, wat die golwe vir my uitgespoel het. En nou is jy myne . . . ek wonder wat ek met jou gaan doen?” Sonja Retief kyk in die groot, donker man se gesig en sy wonder weer eens watter kleur sy oë is, want hulle word steeds versluier deur sy digte wimpers....
Book cover of Ruiter van my drome
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly...
Book cover of Drome van liefde
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Rondom die verbreking van Sanet Grové se verlowing met Nardus van den Berg is daar ’n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sou nooit weer, met enige man, ’n ernstige verhouding aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius Lindeque, ernstig oor haar begin...
Book cover of Dans van die sterre
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

Jana Richter se welvarende ouers vertrek op hul jaarlikse reis na die Maleisiese Eilande, maar dié keer is dit uiters ongeleë. Jana stel vas dat hulle heimlik finansiële probleme ondervind en die huispersoneel afgedank het. Sy moet noodgedwonge na haar ouerhuis terugkeer om na haar jonger broer...
Book cover of Waar liefde begin
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2017

Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Hulle is jong, gekwalifiseerde joernaliste en benodig lewenservaring en genoeg geld om die pot aan die kook te hou. Die skilderagtige kusdorpie Silwersee is net die regte plek om dit te doen. Lani wens haarself nou...
Book cover of Die grondbaron
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm,...
Book cover of Aan die einde van die reënboog
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

"Toe Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer op te spoor, het sy geen benul gehad van wat die toekoms vir haar inhou nie . . . Met haar aankoms by haar bestemming ontbreek die blye verwelkoming wat sy te...
Book cover of Vuur van verlange
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2014

Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel.
Book cover of Beminde vreemdeling
by Schalkie van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2011

Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd...
Book cover of Die landheer van Koningshof
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2017

Erika Strauss het klaar studeer en wil begin om sielkunde te praktiseer, maar skielik is haar eie psige vir haar ’n raaisel. Dis die aantreklike donkerkopman wat sy in die bure se tuin aangetref het wat haar kop so deurmekaarkrap. Wat sou haar besiel het om die wildvreemde man te soen en dit boonop...
Book cover of Meisie in die reën
by Schalkie Van Wyk
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel...
1 23
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy