Rousseau: 228 books

Cover of Elke vrou vir haarself
by Elize Parker
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2013

Elke vrou vir haarself is ’n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik...
Cover of Amber maan, oker son en ander verhale
by Elize Parker
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2013

Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ’n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.
Cover of Nicky & Lou
by Nataniël
Language: Afrikaans
Release Date: September 12, 2011

Nataniël se jongste bundel is ’n keuse van 46 stories (15 in Engels en 31 in Afrikaans) uit sy verhoogproduksies sedert 2007, onder meer uit Predicting Snow, Men who Fly, Egg Whites and Angel Food, Coronation, Cathedral, Knowing your Microwave and other Magical Moments, Combat. Magiese vertellings...
Cover of Zip!
by Nataniël
Language: Afrikaans
Release Date: September 17, 2016

Nataniël is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in ​Nicky & Lou, ​en sy jongste blitsverkoper ​150 stories, ​is die verhale in ​Zip! spitsvondig en...
Cover of Vlakwater
by Ingrid Winterbach
Language: Afrikaans
Release Date: August 18, 2015

’n Buitengewone avontuur – iets verrrassends en nuut in Winterbach se oeuvre. – Thys Human Die middag kry Niek ’n poskaart in sy posbus. Dis ’n afbeelding van El Greco se skildery van Vincenzo Anastagi. Die boodskap agterop lui: Enige ekstra eksemplare van Vlakwater? V.S. V.S., nè?! Dit...
Cover of Christine le Roux Omnibus 5

Christine le Roux Omnibus 5

’n Wêreld sonder hom,’n Kwessie van tegniek, Bewys van liefde

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2013

’n Wêreld sonder hom: Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending. ’n Kwessie van tegniek: Alicia het tydens haar onderhoud...
Cover of Duiwelskloof
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: February 8, 2005

In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, ’n eeu en ’n half later, bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié...
Cover of Houd-den-bek
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: April 29, 2005

’n Belangrike roman oor die slawetydperk.In 1825 vind die enigste slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis plaas, die sg “Bokkeveldse Opstand”, ontketen deur ’n droom van vryheid wat nie bewaarheid word nie. As kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel; nou is hulle baas en slaaf. Tussen...
Cover of Klassiek reeks: Kennis van die aand
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: May 3, 2004

Die verbod op Kennis van die aand  in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde en het maande lank op koerantvoorblaaie geboer, sowel in Suid-Afrika as elders in die wêreld. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: “As dít letterkunde...
Cover of 'n Droë wit seisoen
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: April 29, 2005

’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword.In die middel staan Ben du Toit, “’n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige...
Cover of Mediterreense herinneringe

Mediterreense herinneringe

Reisvertellings

by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: March 1, 2013

Die stories uit Fado, Brink se reisvertellings oor Portugal, is 'n bonusbydrae tot die e-uitgawe van hierdie boek. Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense...
Cover of Donkermaan
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2000

Teen die agtergrond van ’n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemal lyk soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom ’n pakket aangebied om plek te maak vir ’n jong swart opvolger. Een...
Cover of Lobola vir die lewe
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: August 30, 2014

Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n...
Cover of Klassiek reeks: Die Ambassadeur
by André P. Brink
Language: Afrikaans
Release Date: May 30, 2006

Met die eerste uitgawe van André Brink se vyfde roman het dit ’n opskudding veroorsaak, oor wat in 1963 as dekadensie beskou is. Die intrinsieke waarde daarvan is egter die eeue oue waarheid dat die begeerte na selfverwesenliking en menslike deernis nie versoenbaar is nie. Die Suid-Afrikaanse...
First 3 4 5 6 7 8 910 11 12 13 14 15 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy