Snoeiskêr

Mystery & Suspense, Fiction & Literature
Cover of the book Snoeiskêr by Piet Steyn, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Piet Steyn ISBN: 9780624052494
Publisher: Tafelberg Publication: April 1, 2011
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Piet Steyn
ISBN: 9780624052494
Publisher: Tafelberg
Publication: April 1, 2011
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Die duime is met ’n soort skêr of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik ’n gewone snoeiskêr, net baie skerp. Langs ’n Johannesburgse mynhoop word een van die lyke gekry, in die veld naby die Mosambiekgrens lê nog twee, ’n ander in ’n bloedbespatte kamer van ’n derderangse hotel in Hillbrow, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas. Die misdaadverslaggewer Patricia de Beer begin verbande lê tussen die verskillende gevalle. Is hier ’n reeksmoordenaar aan die werk? Sy praat met haar vriende in die Eenheid vir Geweldmisdaad, en toe supt. Pine Pienaar en sy span agterkom dat daar jare gelede op ’n plaas naby Vrede ’n plaasmoord was waarin ’n vrou se duime afgesny is en op haar bors gelaat is, begin hulle Patricia gelyk gee. Op ’n verlate grondpad in Mpumalanga bring ’n donker man met ligbruin, byna geel oë sy dubbelkajuitbakkie in ’n stofwolk tot stilstand. Hy lees Patricia se artikel oor ’n moordenaar wat sy onversadigbare bloedlus met ’n snoeiskêr bevredig. Hy kyk na haar foto by die artikel, luister ’n ruk na die getik van sy bakkie se warm enjin. Hy draai die aansitter en die bakkie brul. Hy sal haar adres maklik kry. Alle paaie lei na die hel, en soms moet jy duimgooi daarheen. Piet Steyn se spanningsdebuut is ’n vuishou op die krop van die maag. Kru, gewelddadig, kniediep in van die land se somberste werklikhede. Dit is ook geskryf met diepgaande kennis van die karakters wat in hierdie omstandighede leef en sterf, en met ’n meesterlike beheer van spanning en die onverwagse.

More books from Tafelberg

Cover of the book There Should Have Been Five by Piet Steyn
Cover of the book Romanse agter die skerms by Piet Steyn
Cover of the book Wanneer die skadu's wyk by Piet Steyn
Cover of the book Die Poort 4: Krygers by Piet Steyn
Cover of the book Meerminliefde by Piet Steyn
Cover of the book Ena Murray Omnibus 17 by Piet Steyn
Cover of the book Anna Atoom en die digitale draak by Piet Steyn
Cover of the book Wag-'n-bietjiebos van die liefde by Piet Steyn
Cover of the book Finish & Klaar by Piet Steyn
Cover of the book Bloeisels in die wind by Piet Steyn
Cover of the book Emma se eerste keuse by Piet Steyn
Cover of the book Ena Murray Omnibus 27 by Piet Steyn
Cover of the book Junior in Saal 7 by Piet Steyn
Cover of the book Oliver Strange and the Journey to the Swamps by Piet Steyn
Cover of the book Rabbedoe en rissiepit by Piet Steyn
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy