Tafelberg: 581 books

Cover of Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: January 31, 2014

Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief...
Cover of Anna Atoom en die digitale draak
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2012

Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die...
Cover of Elf dae in Parys
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: August 8, 2016

“Kyk!” sê Luc. “Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem ‘Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre.” Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak...
Cover of Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: July 10, 2015

In professor Arnoldus Snol se woonstel bo die museum staan ’n kas wat ’n KOLOSSALE geheim bewaar . . . Professor Snol weet alles van die dinosourusse van Gondwanaland af, daarom neem Oupa vir Jannus en Kriek om hom te ontmoet en inligting te kry vir ’n skooltaak. Maar wat het van die professor...
Cover of Anna Atoom en die seerower se dolk
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: September 20, 2011

Hierdie verhaal is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, die ou gunstelingtema van seerowers, wetenskap, die uitgestorwe dodo, die seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en les bes ’n baie sterk “groen” boodskap. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes,...
Cover of Anna Atoom en die magnetiese meermin
by Elizabeth Wasserman
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Ton is weg, Brak is onsigbaar en admiraal Atoom se lewe is in gevaar - dit alles te midde van 'n grootskaalse wetenskaplike ingryping in die natuurlike balans van die aarde: Uranus Draak wil die magnetiese pole skuif in 'n poging om aardverwarming te keer. Sal Anna en professor Sabatina die wêreld...
Cover of Ena Murray Omnibus 34
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

’n Heerlike tweeluik. In Appelbloeisels en jasmyn hou Erika Hough stoksielalleen wittebrood aan die suidkus. Wanneer ’n mosbevlekte bottel uitspoel op die strand – met die adres van ’n wildvreemdeling daarin – huiwer sy nie om haar siel op papier bloot te lê nie. Die gevolge van dié brief...
Cover of Sarah du Pisanie Omnibus 11
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: March 20, 2015

In Liefde per dosyn moet musiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is...
Cover of Ena Murray Keur 1
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2014

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met ’n koerantberig oor ’n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam...
Cover of Wilna Adriaanse-omnibus 3
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 8, 2011

In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken...
Cover of Sarah du Pisanie Omnibus 10
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

In Die Suidwestertjie ken Sarie Wessels net die sonkant van die lewe – tot daardie onheilsdag dat die lot juis háár tref om Blouwildebees, oftewel grootbaas Hugo Kritzinger, se sekretaresse af te los. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef . . . Tuis duik ʼn onverwagte penarie in Hugo se lewe...
Cover of Ettie Bierman Keur 6
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

Volmaan op Mopanie: Katie Lategan se kom en gaan was nog altyd haar eie. Maar wanneer haar pa, ’n wildbewaarder op Mopanie, onverwags Kaap toe moet gaan, maak Steyn van Zyl sy opwagting om haar op te pas. Toestande is plofbaar so na aan die Mosambiekgrens, en tot Katie se ontsteltenis hou Steyn...
Cover of Satyn Omnibus 4
by Ettie Bierman, Marijke Greeff, Zoë Gouws
Language: Afrikaans
Release Date: September 26, 2014

’n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite...
Cover of Ena Murray Keur 2
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 10, 2014

In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . . In Reënboog...
First 11 12 13 14 15 16 1718 19 20 21 22 23 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy