Almal beplan vir die dag van môre. Maar baie mense leef so ’n besige lewe en is so gefokus op môre dat hulle van vandag vergeet.Ons maak dikwels vandag reeds gebruik van môre se energie. Maar is dit wat God vir sy kinders wil hê? Wat sê God van vandag? Na deeglike Skrifstudie oor hierdie vraag het topverkoper-outeur Stephan Joubert drie ontdekkings gemaak wat hy in DIE MOED OM VIR VANDAG TE LEEF deel, naamlik: - God het die wêreld gemaak teen die spoed van een dag op ’n slag. - God versorg sy skepping teen die spoed van een dag op ’n slag. - God bring geestelike vernuwing in sy kinders se lewe teen die spoed van een dag op ’n slag. In sy gemaklike geselstrant maak Stephan Joubert lesers bewus van die dinge wat hulle energie steel en wys hy lesers wat hulle kan doen om ’n gelukkiger en produktiewer vandag te kan beleef. DIE MOED OM VIR VANDAG TE LEEF is ’n moet-lees vir almal wat graag wil ontdek hoe hulle genoeg moed kan hê om vandag voluit te leef.