Twee van Karen Kingsbury se gewildste boeke, Soos saad op die wind en Dié kant van die hemel is nou in ’n lekker-lees omnibus beskibaar wat uitstekende waarde vir geld bied. Soos saad op die wind Jack en Molly Campbell is die trotse aanneem-ouers van ’n vierjarige seun, Joey. Hulle gesin is die toonbeeld van geluk. Hierdie idilliese prentjie spat egter aan skerwe toe hulle hoor dat Joey se biologiese pa, wat tydens sy geboorte in die tronk was, nooit toestemming gegee het vir die aanneming nie. ’n Regter beslis dat Joey moet teruggaan na sy biologiese ouers toe. Die Campbells is verpletter, en probeer alles binne hul vermoë om hom te behou. Soos saad op die wind is ’n emosionele verhaal oor ouerliefde wat vertel word soos net Karen Kingsbury kan. Die boek is ook verlede jaar as ’n rolprent, Like Dandelion Dust, uitgereik. Dié kant van die hemel Annie Warren wou nog altyd net die beste gehad het vir haar seun Josh. Mislukkings en verkeerde keuses aan Josh se kant het egter verwydering tussen ma en seun veroorsaak. Sedert Josh raakgery is deur ’n dronkbestuurder, is hy medies ongeskik en nou wag hy sy lewe om vir die geld wat die versekeringsmaatskappy aan hom moet uitbetaal. Om dinge te vererger beweer ’n vrou dat Josh die pa van haar sewejarige dogter is. In die soektog na die waarheid ontdek Annie ’n skat wat meer waardevol is as wat sy ooit sou kon droom.